Wednesday, September 5, 2007

Bad, kruip, staan en praat




Hier's 'n paar foto'tjies van die bad, kruip, staan en praat op 8 maande. Oom Nicky en Louise- julle is nou die laaste hardkoppiges wat nog nie op facebook is nie en vir wie ek hierdie blog onderhou. Ja, Lara kruip en wil net teen alles opstaan, ek moet net keer! En ek en Danie reken sy praat- 4 woordjies mamma (mawa) pappa (paaaapaapapa), Jessie (Deddie) en Ta-ta (a-ta-ta-ta) kompleet met 'n wuif gebaar daarby.

Sunday, August 19, 2007

Lanseria





Ons het gegaan om die vliegtuie te kyk saam met Lara, maar toe kyk ons net vir haar die hele dag. Sy was te pragtig. Het gepraat en gebbbbbh dat die spoeg so spat! Vir die wat nog nie op facebook is nie... ek gaan een van die dae suiwer oorslaan daarnatoe, so sorg dat julle opkom!!!

Monday, August 13, 2007

Sunday, July 8, 2007

Geen twyfel oor die gene!


Sy lyk darem wragtig baie na die Ouma (Danie se ma). Hierdie is op die lughawe geneem waar ons vir oom Nicky gaan afsien het.

Monday, July 2, 2007

Wortels!!



Sjoe, maar sy het vandag haar wortels verskriklik geniet (soos mens kan sien).

Pappies!



Groot oopmaak! Kyk hoe mooi eet ek!

Friday, June 29, 2007

Amper 6 maande




Lara was onlangs vir 'n bloedoortapping, en lyk baie goed. Sy was baie siek met koors (deel van die rede vir die bloedoortapping), maar dit lyk of sy nou beter word. Sy wil net heeltyd sit en is op haar gelukkigste so.

Monday, June 18, 2007

Lara oefen om te sit.



Hier is die eerste paar foto's van waar sy sit. Hulle is op 5 maande geneem. Sy sit elke dag bietjie beter en langer. Jammer ek het so lanklaas 'n post opgesit, maar ek is nou op facebook en deel my foto's daar met almal, maar soos oom Nicky my herinner het, dit is nie baie familie vriendelik nie. So hier is dit, oom Nicky. Dankie vir die lojale ondersteuning aan my blog.

Reg vir ryspap


Hier is Lara oppad skool toe vroegoggend. Sy is so honger sy eet al haar hasiehoed op. Lara word nou lekker groot en eet blykbaar AL haar pappies op by die skool elke oggend. Blykbaar, want oor die naweek wil sy nie regtig by my en Danie eet nie.

Monday, May 28, 2007

Bibberrrrr!



Lara leef in haar pienk "fleecies" op die oomblik (Dankie Tracy en Nicola- uiteindelik 'n foto). Dit is super-koud hier by ons. Bly warm, liewe vriende. Mis julle baie Tinus & Gerda, Corlie en Kerneels, Jaco & Werner. (Louise en Lize, ek het julle nie vergeet nie, julle twee se name gaan net nie saam so lekker nie, want julle ken mekaar van geen kant af nie!)

Sunday, May 20, 2007

To Nicola and Tracy


To my two most loyal and enthusiastic blog supporters: thank you for the beautiful clothes for Lara. I am having trouble taking photo's with my phone and so there are no photo's of her in her clothes available yet!! I apologise, but thought it best to still publish a post before the end of the weekend, since I promised. Nicola, I miss having you and Emma in my class. You two were amazing! Lots of love, Teacher Retha.

Monday, May 7, 2007

Out and about



Sy't vir my en Danie so cute gelyk in haar eerste paar skoentjies (Compliments of Auntie Lynn). Dit raak nou lekker koud en ons wikkel haar lekker toe vir uitgaan. Nou verstaan ek die popspeel ding. Dis darem maar lekker om hulle so snoesig te maak...

Monday, April 30, 2007

One giant leap for mankind


Lara lyk vir my soos 'n klein ruimte- vaarder in haar nuwe slaappakkie vir die winter. Hier is sy lekker toegedraai al vir die nag, maar sal nog 'n foto vir julle neem- 'n vollengte foto van die space suit...

Sunday, April 29, 2007

Een woord...


Gisteraand word ek deur Lee-Ann gevra om in een woord te beskryf hoe dit voel om ouer te wees. My antwoord: moeilik. Maar my hart is vanaand met soveel liefde gevul, miskien kan ek aan meer dink vanaand: wat van pragtigstedingopdieplaneetismyne, of trotstemaopaarde of selfs liewervirjouasenigietsindieheelal. O.K. so ek het die definisie van "een woord" bietjie gebuig. Wag maar net tot julle eendag ouers is...

Sunday, April 15, 2007

Babbelbekkie


Wat 'n week! Ek het my eerste week by die werk agter die rug- dis meestal 'n blur, kan skaars glo ons het survive- en Lara haar eerste week in day care. Haar skool se naam is Babbelbekkie. Ek sal sien of ek 'n foto of wat kan neem vir die blog. Sy het goed aangepas. Ek het ook darem net die eerste dag gehuil.

Wednesday, April 4, 2007

Ons kuier by die see






Ons sit hier in 'n internet kafee in Hermanus. Het foto's gemail na myself, maar dit het nie gewerk nie. Sal later weer probeer- daar is Corlie op die strand met Lara in die kangaroo pouch, 'n spekvet badfoto van 5.37kg en Blompot in haar pienk "naartjie baby" outfit waar sy mooi koppie optel, sodat julle kan sien hoe sterk sy geword het. Ook die foto van waar sy geslaap het in 'n tas by Cornelia en Corlie in die Kaap. Dankie, julle twee, ons het lekker gebly!! Dis lekker hier by die see! Hoop ons kry nog almal te siene. Liefde Retha en Lara

Monday, February 26, 2007

Blompot is pienk en rooi!


Die mooiste kind is terug by die huis en lekker pienk van die bloedoortapping. Soos die bloed in haar ingeloop het, het haar boudjies rooier en rooier geword. Lara het nappy rash, en ons weet dit nie eers nie, want sy is so bleek!! Ons het so gelag. Arme ding!
PS ...with a touch of yellow, of course!! Wil net se, hierdie foto laat dit erger lyk as wat dit is.

Thursday, February 22, 2007

Terug neonatale eenheid toe

Two steps forward, one step back... More word sy weer opgeneem in die hospitaal vir 'n bloedoortapping. Sy's erg anemies en kan in hartversaking ingaan. Het niks gewig opgetel in die afgelope week nie- blykbaar as gevolg daarvan. Het nodig om baie moed ingepraat te word, maar ons hoop na die bloedoortapping gaan dit beter gaan met haar.

Wednesday, February 21, 2007

Little Star - Madonna

may the angels protect you
and sadness forget you
little star
there's no reason to weap
lay your head down to sleep
little star
may goodness surround you
my love I have found you
little star
shining bright
never forget who you are
little star
never forget how to dream
God gave a present to me
made of flesh and bones
my life my soul
you make my spirit whole
shining brighter than all the stars
in the sky
never forget where you come from
from love

Mal oor musiek: Van Mozart tot Madonna




Jammer oor die swak kwaliteit van die foto's, maar dis moeilik om afteneem en oogkontak te behou en saam te sing! Hierdie is die gesigsuitdrukkings van pure genot toe ek die "Ray of light"-album van Madonna vir haar speel. Sy is van die neonatale eenheid af al totaal gek na musiek. Van wiegliedjies (Slaap Kokkenienie) tot gesange (Bethlehemster, haar favourite vir aan die slaap raak) en klassiek (Mozart, Bach en bietjie Beethoven van tyd tot tyd). Die nuutste byvoeging tot hierdie 'range' is natuurlik Madonna.

Monday, February 19, 2007

Slim en wakker kinders



Ek en Lara praat van "slim en wakker kinders" as sy oulik raak met my. Het gedink die blog het dringend 'n paar wakker foto's nodig...

Friday, February 9, 2007

Wat niemand jou ooit vertel het van babas nie (Volume 1)




Volume 1 is beskikbaar op aanvraag. Ek het besluit dit is nie geskik vir die blog nie. Parental guidance is advised. Anders sal julle nooit kinders he nie! Ek heg wel 'n paar foto's van 'n "food coma" aan om julle aan te spoor...

Wednesday, February 7, 2007

Gifappeltjie of Feeprinses?

My favourite noemname: Blompot, Gifappel, Poppelop
Danie s'n: Liefiekind


Danie se: Kyk! Dis 'n baba-feetjie!! Mens kan sien, want sy suig nog 'n 'dummy'...

Saturday, February 3, 2007

Lara lag


Vanoggend kry ons toe ons eerste laggie. Die jurie is in: dit was nie 'n wind nie, dit was 'n smile! Sy't pa in die oe gekyk met wawyd oop ogies en vir sy mannewales gelag! Ons loop op wolke rond...

Thursday, February 1, 2007

By die huis



Hallo Almal! Jammer die foto's en nuus kom so laat. Ons is al amper 'n week by die huis met Lara!! Sy moet nogsteeds gemonitor word en gaan gereeld vir bloedtoetse, maar darem is dinge bietjie meer normaal nou. Ons geniet haar verskriklik! Dankie vir al julle ondersteuning!!

Wednesday, January 17, 2007

Pa se kind



Hier is pappa se liefie en look-a-like. Almal wat haar sien het net een ding te se: "Sy lyk NES haar pa!". Haar hare lyk elke dag vir ons bietjie rooier en ons dink sy't dalk Danie se ma se rooi hare ge-erf. Kan nie wag om te sien watse hare kom daar uit nie!

Dankie vir rooi troosters



Woensdagaand 17/1: Ek het regtig begin voel die rooi trooster verdien 'n spesiale plek op die blog. Danie is ook mal oor die ding, omtrent meer as Lara, want dit het net R6 gekos, en hy voel baie smug daaroor dat hy nie 'n duurder dummy hoef te gekoop het die aand toe sy opgeneem is in intensief nie. Dit was so lekker om haar aan te mag trek het! Ons het regtig 'n waardering vir die kleinste dingetjies ontwikkel. Dinge wat ander ouers as vanselfsprekend aanvaar is vir ons die grootste seenings. Sy is onlangs vir 24 uur onder die ligte uit gewees (om te sien wat doen die bloedtellings) en ons het haar gebad, aangetrek, vasgehou en in ons arms laat slaap na hartelus. Ons was soos twee katte wat room gekry het! Vir die wat ons nog nie mee gepraat het oor die foon nie: sy is terug onder die ligte en het ook 'n bloedoortapping gehad (dink dit was Saterdagaand). Ons hou goeie moed en vertrou dat sy binne die volgende 2 weke uit die hospitaal sal wees. Dankie vir almal se gebede en Lee-Ann wat my hospitaal toe gevat het vanoggend om betyds te wees vir haar voeding... En dankie, se Lara, vir rooi troosters!

Thursday, January 11, 2007

Ma se trots









Nou verstaan ek dat alle ma's dink hulle kinders is die mooiste, beste en slimste kinders in die hele wereld. Hier is 'n paar foto's sonder die ou sonbrilletjie. Sy wriemel net vreeslik, so dis moeilik om haar af te neem! Sy is steeds in intensief. Ons vat elke dag soos dit kom, maar hoop secretly dat sy dalk die naweek sal uitkom.