Wednesday, January 17, 2007

Pa se kind



Hier is pappa se liefie en look-a-like. Almal wat haar sien het net een ding te se: "Sy lyk NES haar pa!". Haar hare lyk elke dag vir ons bietjie rooier en ons dink sy't dalk Danie se ma se rooi hare ge-erf. Kan nie wag om te sien watse hare kom daar uit nie!

Dankie vir rooi troosters



Woensdagaand 17/1: Ek het regtig begin voel die rooi trooster verdien 'n spesiale plek op die blog. Danie is ook mal oor die ding, omtrent meer as Lara, want dit het net R6 gekos, en hy voel baie smug daaroor dat hy nie 'n duurder dummy hoef te gekoop het die aand toe sy opgeneem is in intensief nie. Dit was so lekker om haar aan te mag trek het! Ons het regtig 'n waardering vir die kleinste dingetjies ontwikkel. Dinge wat ander ouers as vanselfsprekend aanvaar is vir ons die grootste seenings. Sy is onlangs vir 24 uur onder die ligte uit gewees (om te sien wat doen die bloedtellings) en ons het haar gebad, aangetrek, vasgehou en in ons arms laat slaap na hartelus. Ons was soos twee katte wat room gekry het! Vir die wat ons nog nie mee gepraat het oor die foon nie: sy is terug onder die ligte en het ook 'n bloedoortapping gehad (dink dit was Saterdagaand). Ons hou goeie moed en vertrou dat sy binne die volgende 2 weke uit die hospitaal sal wees. Dankie vir almal se gebede en Lee-Ann wat my hospitaal toe gevat het vanoggend om betyds te wees vir haar voeding... En dankie, se Lara, vir rooi troosters!

Thursday, January 11, 2007

Ma se trots









Nou verstaan ek dat alle ma's dink hulle kinders is die mooiste, beste en slimste kinders in die hele wereld. Hier is 'n paar foto's sonder die ou sonbrilletjie. Sy wriemel net vreeslik, so dis moeilik om haar af te neem! Sy is steeds in intensief. Ons vat elke dag soos dit kom, maar hoop secretly dat sy dalk die naweek sal uitkom.

Monday, January 8, 2007

Lara is hier, die soet saam met die suur


Hier is ons pragtige baba dogtertjie. Sy is Donderdag gebore met 'n Apgar-telling van 10/10 en 'n mooi geboortegewig van 3.1 kg. Daarna het dinge egter 'n skielike wending gevat (vir die wat wonder hoekom ons nogsteeds so simpel is om nie ons fone op te tel nie). Sy het Vrydag geelsug ontwikkel en is onder die ligte gesit. Dit het egter geen effek gehad nie, haar bilirubien vlakke het aanhou styg en dit was gevaarlik hoog. Die dokter het toe besluit om haar op te neem in die intensiewe eenheid. Hier kry sy nou intensiewe fototerapie (3x meer as die gewone ligte) en word haar vlakke konstant gemonitor. Sy het 'n bloedkondisie by Danie ge-erf en sit veroorsaak dat sy 'n geelsug wat so gevaarlik is ontwikkel het. Gister het haar vlakke vir die eerste keer begin stabiliseer (dieselfde gebly en nie meer gestyg nie). Die goeie nuus is dat hoe ouer sy word, hoe minder gevaarlik word dieselfde vlak. Gisteraand het haar vlakke gedaal vir die eerste keer (met 8 na 282). Alhoewel dit baie goed klink moet julle verstaan dat hierdie die presiese telling is wat sy gehad het toe sy die eerste keer opgeneem is in die intensiewe sorg eenheid. Julle kan dus verstaan dat ek en Danie partykeer voel of ons nerens kom nie en of sy vir altyd in intensief gaan wees. Verskoon dus maar ons slegte telefoon maniere, ons het regtig baie om mee te deal en hoop julle verstaan. Belowe om die blog op datum te hou dat almal weet wat aangaan. Baie lief vir almal van julle en dankie vir al die mooi wense!