Monday, April 30, 2007

One giant leap for mankind


Lara lyk vir my soos 'n klein ruimte- vaarder in haar nuwe slaappakkie vir die winter. Hier is sy lekker toegedraai al vir die nag, maar sal nog 'n foto vir julle neem- 'n vollengte foto van die space suit...

Sunday, April 29, 2007

Een woord...


Gisteraand word ek deur Lee-Ann gevra om in een woord te beskryf hoe dit voel om ouer te wees. My antwoord: moeilik. Maar my hart is vanaand met soveel liefde gevul, miskien kan ek aan meer dink vanaand: wat van pragtigstedingopdieplaneetismyne, of trotstemaopaarde of selfs liewervirjouasenigietsindieheelal. O.K. so ek het die definisie van "een woord" bietjie gebuig. Wag maar net tot julle eendag ouers is...

Sunday, April 15, 2007

Babbelbekkie


Wat 'n week! Ek het my eerste week by die werk agter die rug- dis meestal 'n blur, kan skaars glo ons het survive- en Lara haar eerste week in day care. Haar skool se naam is Babbelbekkie. Ek sal sien of ek 'n foto of wat kan neem vir die blog. Sy het goed aangepas. Ek het ook darem net die eerste dag gehuil.

Wednesday, April 4, 2007

Ons kuier by die see






Ons sit hier in 'n internet kafee in Hermanus. Het foto's gemail na myself, maar dit het nie gewerk nie. Sal later weer probeer- daar is Corlie op die strand met Lara in die kangaroo pouch, 'n spekvet badfoto van 5.37kg en Blompot in haar pienk "naartjie baby" outfit waar sy mooi koppie optel, sodat julle kan sien hoe sterk sy geword het. Ook die foto van waar sy geslaap het in 'n tas by Cornelia en Corlie in die Kaap. Dankie, julle twee, ons het lekker gebly!! Dis lekker hier by die see! Hoop ons kry nog almal te siene. Liefde Retha en Lara