Friday, December 15, 2006

Danie berei homself voor


Danie is gereed vir die doeke! Dankie Marius en Wilma vir julle grappige geskenk, maar dit lyk my of Danie dit wel baie ernstig opneem!

Saturday, December 9, 2006

Ons eerste sonars





Ons eerste sonar was op die 16/5/2006. Ek was 6 weke swanger. Ons kon toe alreeds die hartjie sien klop en ek sal nooit vergeet hoe dit gevoel het nie. Ek kan nou nog Danie se gesig onthou: totale verwondering gemeng met hope geluk.

Die tweede sonar is op 9 weke. Kyk mooi vir die naelstring!

Die derde sonar wat ek insluit hierby is op 16 weke as ons reg onthou. Ek dink ook dis die dag toe ons uitgevind het dis 'n dogtertjie. Die koppie le aan die regterkant met die twee handjies voor die gesig. In die middel is haar lyfie en regs haar lang (meet bo gemiddeld op die grafiek) bobeen.
Sy was regtig al mens hier. Ons het 5 vingertjies getel later en die dokter het dit ook afgeneem vir ons.

9 maande swanger



Ek is nou nege maande swanger! "Hoe werk dit?" mag party van julle vra, so vir die wat nie saam met my swanger is nie: voltermyn is eintlik 40 weke. Ek is nou 36 weke en dus... 9 maande). Hier is die foto van my boepie vir almal wat so dikwels vra.

Click op die foto om 'n groter view te kry.

Ons wag vir Lara


Nou ja, vriende, met soveel van julle wat ver is het ek besluit om 'n dagboek met foto's te begin (ek weet nie hoeveel keer ek moes hoor: "Ons soek 'n foto!" of "Ons kan jou nie swanger voorstel nie"). Ek kan nie meer wag om die kleinding te sien nie! Kan nie stilsit nie en maak vir Danie mal. Nou gaan ek maar probeer om myself besig te hou deur hierdie plekkie te onderhou in die tye wat ek nie besig is om soos 'n mal mens rond te skarrel en nes te bou nie. Nou kan julle almal my en hopelik binnekort ook vir Lara sien deur net "Retha se plekkie" te besoek. Op hierdie foto is ek maar 5 maande swanger en ek onthou hoe trots ek was op my "boepie".