


Ons eerste sonar was op die 16/5/2006. Ek was 6 weke swanger. Ons kon toe alreeds die hartjie sien klop en ek sal nooit vergeet hoe dit gevoel het nie. Ek kan nou nog Danie se gesig onthou: totale verwondering gemeng met hope geluk.
Die tweede sonar is op 9 weke. Kyk mooi vir die naelstring!
Die derde sonar wat ek insluit hierby is op 16 weke as ons reg onthou. Ek dink ook dis die dag toe ons uitgevind het dis 'n dogtertjie. Die koppie le aan die regterkant met die twee handjies voor die gesig. In die middel is haar lyfie en regs haar lang (meet bo gemiddeld op die grafiek) bobeen.
Sy was regtig al mens hier. Ons het 5 vingertjies getel later en die dokter het dit ook afgeneem vir ons.
No comments:
Post a Comment